Lees Vrydag se koerant vir ‘n Innibos voorsmakie – Antjie Krog kom Laeveld toe
Woorde Innituin debuteer by hierdie jaar se Innibos - digkuns gaan bekoor.
Hierdie jaar se Innibos bied feesgangers die geleentheid om Antjie Krog in lewende lywe te ontmoet en hulle siele te voed met die krag wat lê in die sameflansing van woord, klank en kuns.
Woorde Innituin word hierdie jaar vir die eerste keer by die Suikerbossie Teetuin in die Laeveld Botaniese Tuin aangebied. Poësie is nie beperk tot woordkuns op papier nie. Hierdie kunsvorm word op soveel maniere herleef wat harte roer – dit inspireer musici tot sielvolle toonsettings, word in die hale van ‘n verfkwas oorgedra en vind ‘n lêplek in die hart.
Antjie Krog en Mannini Mokhuto gaan gedigte voorlees en kunstenaars se werke, geïnspireer uit digkuns, gaan uitgestal word.
Verdere besonderhede sal in Vrydag se Laevelder beskikbaar wees.
