FeaturesInnibos NuusLifestyle

Verrassings laat die jongspan skater

David is bekend vir sy snaakse gedaantes en komedie uit die boonste rakke.

David Dee het Woensdagmiddag weer vir topvermaak by Apies Innibos gesorg. David is bekend vir sy snaakse gedaantes en komedie uit die boonste rakke.

Hy weet presies hoe om die kleinspan te laat lag. Hy maak altyd seker dat hy skreeusnaakse verrassings met sy gehoor deel en ballonne en kullery sorg ook altyd vir ‘n prettige opvoering. In dié Superhero-vertoning het Spiderman, Rangers en Batman ‘n draai gemaak.

Eksperimente vorm ook deel van sy konserte. Apies Innibos is in Hoërskool Bergvlam se skoolsaal op die feesterrein geleë.
Kinders tussen die ouderdom van drie en 12 kan heerlik gaan speel en uitspan terwyl mamma en pappa tussen die stalletjies deurloop.

Daar is elke dag vanaf 11:00 tot 17:00 ‘n vermaakprogram propvol pretaktiwiteite wat aangebied word. Daar is tafels en stoele waar die kleinspan na hartelus kan inkleur en verf, knip en plak, kleispeel en kan blokkiesbou.

En dit alles onder die waaksame oog van bekwame personeel. Dit is die ideale plek waar die jongspan hulself gate uit kan geniet sonder dat mamma of pappa oor hulle hoef te bekommer. Gaan maak beslis daar ‘n draai as jy klein kinders het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button