FeaturesInnibos NuusLifestyle

Proe van Innibos se interessantste happies

Feesgangers wat deur die terrein beweeg het, sal kan getuig dat die verskillende aanloklike geure jou met 'n groot dilemma laat - by watter een stop en proe jy?

Muskiet het by vyf stalletjies gaan inloer wat happies maak wat jy nie sommer om elke hoek en draai sal raakloop nie.

Laura van Tonder se fudgestalletjie is in die hartjie van die Bosmôl. Hier kan jy nie net blokkies fudge van verskillende soorte kry nie, maar ook fudge in ‘n bottel – ryk, romerige fudge-sous.

Fudge bottel (Custom)
Laura van Tonder

Gusto Seafood Paella het ook vele feesgangers laat stop om uit te vind wat so heerlik ruik. Benson Nyathi maak ‘n mengsel van rys, speserye, uie en seekos in ‘n massiewe pan gaar en vertel dat dit nogal ‘n wetenskaplike proses is om te sorg dat dit op sy beste proe.

Paella (Custom)
Benson Nyathi

Colin van Rensburg van Somerset-Oos in die Kaap verkoop sy koedoevleishappies nou al vir 23 jaar by feeste.

Hy sê Innibos is die beste van die 36 wat hy per jaar bywoon. Hy het ‘n slaghuis op sy plaas, waar hy al die koedoevleis verwerk en dan in vele vorme soos ‘n koedoeburger en -sosatie aan mense bied.

Colin van Rensburg en Eleonora Entius.
Colin van Rensburg en Eleonora Entius.

Marlene Strauss en Landie Sutherland van Piadini’s Toasted Italian Flatbread is vir die eerste keer by Innibos.

Hierdie is egter ‘n “working holiday” want die tweetjies kuier by familie en gaan na Innibos die wildtuin ook besoek. Hulle stal gewoonlik by kosmarkte in die Kaap uit en het ‘n eie winkeltjie. Feesgangers kan by hul stalletjie uit twee basisse kies en dan na hartelus vulsels byvoeg.

Marlene Strauss en Landie Sutherland.
Marlene Strauss en Landie Sutherland.

As jy na al die lekker kos lus is vir iets soets, gaan kry gerus vir jou ‘n bakkie diepgebraaide oreos.

Die broer-en-susterspan, Elizca en Riaan Davies, het die resep op die internet raakgeloop en vertel dat dit mense twee keer na hul stalletjie laat kyk. Riaan, wat ‘n pizza-restaurant in Sabie het, maak ook prego rolls en nie-alkoholiese drankies.

Dié oreos behels dat die bekende swart koekie in deeg gedoop word, in olie gebraai word en dan met sjokoladesous bedrup word.

Deep-fried oreos (Custom)
Elizca en Riaan Davies.

Lekker eet!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button