FeaturesInnibos NuusLifestyle

Paartjie raak verloof op Vodacom-verhoog

Bianca Meyers van Pretoria was skoon stomgeslaan toe Conrad Janse van Rensburg gistermiddag op die Vodacom-verhoog op een knie gesak en haar gevra het om te trou.

Bianca en Conrad ken mekaar al vir sewe jaar, maar is die afgelope agt maande ‘n paartjie.

Dis Conrad se vierde Innibos, maar Bianca se eerste, en hy het besluit om dit vir haar ekstra spesiaal te maak. Hy wou ook iets anders doen om haar te vra en nie net die gewone deftige restaurant-opsie volg nie. Hy vertel dat hy kort-kort agter die skerms moes gaan om dit te reël en dat die gewag hom vreeslik op sy senuwees gemaak het.

Die paartjie hou baie van feeste en glo dat Innibos die ideale plek is om hul liefde aan mekaar te verklaar. Hulle beplan om aan die einde van volgende jaar te trou.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button