Editor's choice
Onnies moet jive na suksesvolle fondsinsameling
Leerlinge het 'n ooreenkoms met die onderwysers gehad dat, indien hulle die nodige geld sou insamel, die onderhoof, mnr. Kallie Erasmus en ander onderwysers op die paviljoen se dak sou dans.

LYDENBURG – Leerlinge van Laerskool Lydenburg (LSL) het onlangs hul onnies lelik op hul neuse laat kyk, soveel so, dat die onderwysers verplig was om op die paviljoen se dak te dans.
Dit kom na leerlinge ‘n suksesvolle fondsinsameling vir die opgradering van die rekenaarsentrum gehou het. Hulle het in samewerking met vyf ander skole ‘n motorkompetisie vir die fondsstywing geloods. Leerlinge het ‘n ooreenkoms met die onderwysers gehad dat, indien hulle die nodige geld sou insamel, die onderhoof, mnr. Kallie Erasmus en ander onderwysers op die paviljoen se dak sou dans.
Kyk na die video hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
