FeaturesFoodLifestylePeople

‘n Koek op jou troudag?

Dis amper vakansietyd en die troukoors loop hoog. Sal die koeke weer verras, verbaas en verstom?

So hy het gevra en jy het ja gesê.

Toe begin julle skuld maak om die seremonie van ‘n leeftyd te bekostig.  “‘n Mens begin by die fotograaf.  Dis ‘n oomblik wat jy móét verewig,” sê jou ma.

“Blomme is belangrik,” meen jou aanstaande skoonma.  Net omdat sy jou skoonma gaan wees, moet jy vir haar luister.  Julle bestee ‘n klein fortuin op blomme.

Kort voor lank onttrek iemand vroegtydig ‘n pensioenfonds om vir die ellendige partytjie te betaal.

Jy moet dieet voor die groot dag en dink nie aan kos nie.  Dit is vanselfsprekend dat jy van die troukoek gaan vergeet.

Tante Kloekie se tuisnywerheid het op kort kennisgewing begin bak.

Foto: cakewrecks.com
Foto: cakewrecks.com

Of dit noodwensig ‘n goeie ding was, weet jy nie.

Toemaar jong, daar is bruide wat met leliker koeke hulle bruilofsfeeste gevier het.

Die drie vaal koeke hier onder is ‘n goeie voorbeeld.  Net ‘n ‘frisbee’ kon vinniger en met minder seremonie op daardie borde geslinger word.

(Foto: projectwedding.com)
(Foto: projectwedding.com)

Noem jou geliefde jou “my bokkie?”

Het jy ‘n bok of twee teen die muur?

‘n Taksidermis-tipe koek is dalk jou ding.

(Foto: maddiemyerphoto.com)
(Foto: maddiemyerphoto.com)
(Foto: Pinterest)
(Foto: Pinterest)

Vir paartjies wat hulle verlekker in liefdes-haatverhoudings, is geweld-geïnspireerde happies dalk ideaal.

(Foto: projectwedding.com)
(Foto: projectwedding.com)

Nee wat, jy mors tyd.  Byt sommer net sy kop af.

(Foto" clickypix.com)
(Foto” clickypix.com)

As dit nie vir jou werk nie, kan jy ‘n lewensgrootte weergawe van jouself laat bak.

En haar dan happie vir happie verorber.

dumpadaycom

As dit vir jou te vreemd sal wees om jou eie gesig te eet, begin maar so al langs die décolletage hap.

(Foto: projectwedding.org)
(Foto: projectwedding.org)

“Tot die dood ons skei” word klaarblyklik deur sommiges meer letterlik opgeneem as deur ander.

(Foto: Pinterest)
(Foto: Pinterest)

As jy gedink het dis net troukoeke wat so gek kan lyk, dink weer.

Iewers is daar ‘n baba wat sy eerste verjaardag met hierdie vreesaanjaende koek moes vier.

Daar was darem ‘n blou en wit kersie op.

(Foto: dumpaday.com)
(Foto: dumpaday.com)

Katterigheid kan altyd met ‘n soet happie afgeweer word.

(Foto: dailymail.co.uk)
(Foto: dailymail.co.uk)

Dan is daar die “jy’s nou 21” koeke.

Elkeen is ‘n partytjie op sy eie.

(Foto: Pinterest)
(Foto: Pinterest)

Laevelder het by plaaslike bakster me. Darien van der Merwe gaan aanklop.  Sy bak al vir twee jaar en sê dat klante al met vreemde versoeke by haar aangekom het.  “Ek aanvaar slegs bestellings waarmee ek gemaklik is en beeld nie geweld of naaktheid uit nie.”  Sy het wel al ‘n Game of Thrones koek gebak en dit baie geniet, omdat sy self ‘n aanhanger van die reeks is.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button