LifestylePeople

Veldskiet dag

Mans en selfs 'n paar vroue het die gewere afgestof en aan die kompetisie deelgeneem wat hulle op alle vlakke van bevoegdheid getoets het.

BURGERSFORT – Die Bosboktak van die Limpopo-jagtersvereniging se afgelope skietbyeenkoms Saterdag was weer iets om na uit te sien.

Mans en selfs ‘n paar vroue het die gewere afgestof en aan die kompetisie deelgeneem wat hulle op alle vlakke van bevoegdheid getoets het.

Daar is onder andere in langafstandteiken, boogskiet, tydoefeninge en kortafstandteiken meegeding. Dit was ‘n warm dag en deelnemers moes geduldig hulle beurt afwag, maar dit was alles die moeite werd. Hulle kon self sien wat hulle vermoëns is en huis toe gaan om te oefen om op Saterdag se uitslae te verbeter.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button