EntertainmentLifestyle

Laerskool Bergland se oupa-en oumadag ‘n groot sukses

Jongspan en hul grootouers geniet goeie geselskap en lekkernye

MBOMBELA – Vrydag se reën kon nie die pret by Laerskool Bergland se ouma- en oupadag keer nie. Nee, dit het eerder gemaak dat die grootouers en hul kleinkinders nader aan mekaar op die paviljoene ingeskuif het om die dag saam te geniet.

Die leerders se oë was blink van opgewondheid terwyl hulle heerlike eetgoed en vermaak saam met hul oupas en oumas geniet het.
Elkeen is ook met ‘n heerlike stokkieroomys trakteer om die dag mee af te sluit.

Een van die oumas wat die dag bygewoon het, Dudu Sibande, het gesê sy het die dag terdeë geniet.

LEES OOK: Superfiks en hardwerkende man sterf gedurende wedloop

 

“Die gees onder die groep op die paviljoen is heerlik. Dit is so lekker om ons kleinkinders so gelukkig te sien.”

Die jongspan het in hul grootouers se vreugde gedeel. “Dis lekker om hulle te kan sien en met hulle te praat,” het Koenie Nell opgewonde vertel. Hy het saam met sy grootouers, broer en suster gesmul aan kolwyntjies, krimpvarkies, pasteie, skyfies en tameletjies.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button