EntertainmentLifestyle

Leilani Kuter loop in geel deur Mbombela

Kuter was baie beïndruk met die ondersteuning wat sy van die Mbombela-gemeenskap ontvang het.

Woensdagoggend vroeg was die hele stad in rep en roer oor al die geel versierings. Lappe is om die bome gedraai, geel kanaries het in die strate rond gehardloop en ‘n vrou op ‘n missie het ‘n geel skare deur die strate gelei.


Leilani Kuter het met haar groot staptog begin op 16 September, en eindig op 12 Oktober in Ruimsig. Haar uitdaging is om 729 km te voltooi en 27 km ‘n dag oor die tydperk van 27 dae stap. Kuter is 27 jaar gelede wreedaardig verkrag in haar kamer en gelos vir dood.

LEES OOK: Laat reg en geregtigheid geskied
‘n Vreemde man het haar kamer binnegekom en haar oorrompel, haar verkrag met ‘n belt om haar nek, haar besteel en haar net so gelos. Sy het haar deur ‘n skrefie oop gelos omdat sy vir haar vriend Dewald gewag het; so het die verkragter sy kans gebruik om haar persoonlike spasie binne te dring.

Leilani se verkragter was nooit vasgetrek nie, daarom kon sy nooit die insident agter haar plaas en aanbeweeg nie. Sy was vir berading, en stap nou letterlik en figuurlik al ‘n lang pad om met die gebeure van haar verlede te deel. Nou spoor sy ander slagoffers aan om met iemand te praat oor wat met hulle gebeur het.
Die jaar merk 27 jaar van oorlewing vir Kuter. Sy sê sy loop elke tree van die 729 km om bewustheid te skep en geld in te samel vir die bekamping van geweld teen vroue en kinders. Die Mbombela-roete het op dag 24 van haar staptoer plaasgevind.

”Die mense van Mbombela het so baie moeite gedoen. Woorde kan nie beskryf hoeveel dit vir my beteken nie. Julle rock,” het sy gesê.


Sakkie van Rooyen en Belinda Prinsloo van Pam Golding Nelspruit het ‘n groot deel van die beplanning gedoen. Hulle het die hele roete beplan en vriende van verskeie ondernemings genader om deel te word van die inisiatief.

 

LEES OOK: Ikoniese skrywer se dood los ‘n groot leemte

Orals waar Kuter geloop het, is sy ingewag met koeverte met skenkings aan haar BackaBuddy-fonds, wat geld in samel vir beradingsessies vir vroue, en omgee-pakkies vir dogtertjies tussen die ouderdom van vyf en twaalf wat aan die polisie gegee word.


”Ek is so gelukkig dat meeste van my vriende ingestem het om deel te wees van die suksesvolle dag,” sê Van Rooyen.
By Bohemy Cafe het al die stappers water en koffie ontvang, waarna die geel skare die res van die roete aangedurf het. Die staptog het geëindig by Salsa Mexican Grill in i’langa Mall.

Daar het Kuter al die mense van Mbombela bedank vir hul gasvryheid en Van Rooyen het die suksesvolle dag afgesluit met gebed.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button