Bergvlam se skoolhoof kry verjaarsdag verrassing
Die nuwe skooljaar het gepaart gegaan met 'n heerlike verjaarsdag viering.

Daar is beslis geen beter manier om die jaar af te skop as met ‘n bietjie bederf en samesyn tussen kollegas nie. Om die nuwe jaar aan te pak kan soms uitdagend wees, en Hoërskool Bergvlam se skoolhoof, Deon Visser, het dit op die regte manier gedoen.
Die skoolhoof het Dinsdag-oggend sy verjaarsdag by Tindlovu Gardens met die personeel gevier met ‘n smullekker ontbyt.
Natuurlik was daar ook geskenke en aangename verrassings om die dag spesiaal te maak. Min kan ontken dat die Leatherman-sakmes wat hy as geskenk ontvang het, ‘n gepaste verjaardaggeskenk vir die bekwame skoolhoof is.
LEES OOK: Tannie Lou gaan steeds voort
Met hulle terugkeer na die skool het die nuwe gr. 8 Sparki’s hom verwelkom met ‘n lied vir jy verjaarsdag en ‘n versierde kantoor.
Mandy Barnard, die skool se skakelbeampte, het verder vertel: “Omdat dit nog vandag skoolvakansie was het die bestuur besluit om Visser se verjaarsdag saam met die leerders op Vrydag te vier!”
