Vrou geniet die VLU-jaarafsluiting
Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Suikerbosstreek het Saterdag behoorlik uitgehang tydens hul jaarafsluiting.

Die tema was laventel en dit is oral op ‘n kreatiewe wyse uitgebeeld. Die kuieroggend het by die Hervormde Kerk se saal plaasgevind.
Lees ook: Mengelmoes van Afrika-klanke lig die plafon
Een van die dag se eregaste was Elzebé Britz, wat op 95 jaar steeds gasvrou speel vir die plaaslike Hibiscus-tak se maandvergaderings. Sy is reeds vir 75 jaar lid van die VLU.
Die gasspreker was die gewilde dekor-guru van Mbombela, Henry-John Williams. Hy bestuur sy eie ontwerpersmaatskappy.
“Ek is nie bloot net die binnenshuisversierder nie, maar ook die ontwerper. Daarom probeer ek altyd om mense se asems weg te slaan en vir my kliënte die mooiste moontlike dekor te verskaf terwyl ek steeds binne die begroting bly,” was Williams se advies.
Lees ook: Stropers op heterdaad vasgetrek
m




