Duitsland wink vir dié model

LYDENBURG - Met die vuur en ywer waarvoor sy bekend is, het 'n plaaslike model 'n intense kompetisie in TV-formaat gewen.

Die blye aankondiging is Vrydagaand op SABC 2 gemaak nadat Calli Camacho as die wenner van Model aangewys is. Steelburger/Lydenburg Nuus het op 12 November berig oor Camacho se deelname en gevra dat lesers vir haar stem. Die reeks was soortgelyk aan Top Model van Tyra Banks in Amerika met die realiteitsformaat van Survivor.

Lees ook: Van Lydenburg tot loopplank

Dit is oor 10 weke verfilm en die deelnemers kon nie kontak met die buitewêreld hê nie. Hulle het elke week deelgeneem aan uitdagings wat hulle uit hul gemaksones laat tree het. Daar gaan dit nie net oor grimering en mooi haarstyle nie, maar harde werk en lang ure agter die kamera. Camacho, wat al ‘n au pair, loopplank-model, professionele fiksheidsinstrukteur, joga-instrukteur in Indië en ‘n kroegdame was, het elke uitdaging met ywer aangepak.

Lees ook: Mengelmoes van Afrika-klanke lig die plafon

Sy is ‘n oud-leerder van Hoërskool Lydenburg en het in gr. 9 by die Tuks Sportskool as hoogspringkampioen aangesluit. Haar modelskool het haar in 2019 vir die TV-reeks genomineer, en een vir een het sy die ander deelnemers uitgestof tot sy die topmodel in die huis was.

Deel van haar pryse is die deelname aan die gesogte FAZE Models Berlin en ‘n kontrak in Duitsland. “Woorde kan nie beskryf hoe trots ek op haar is nie. Jy verdien dit; veels geluk. Hou aan om die wêreld ‘n beter plek te maak. Dankie dat jy altyd mense met respek behandel. Jy is die ware definisie van ‘n professionele model,” het Peter Black, ‘n beoordelaar, op Facebook geskryf.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button