Gholfers ding mee om provinsiale span te maak

Tagtig gholfers van regoor die provinsie het Saterdag die bane by Lydenburg Gholfklub aangedurf. Die Lydenburg-ope is 'n kwalifiserende toernooi vir opname in die provinsiale gholfspan.

Alle gholfklubs in Suid-Afrika hou tradisioneel hul ope-kampioenskappe in Maart.
Drie spelers van Malelane Gholfklub, Eddie Wilken, Janneman Combrink en Neville Meyer, het heeldag onder die voorlopers geboer, asook Rikus Nel van die Barberton Gholfklub met die Lydenburg-spelers Jaco Coetser en Christiaan de Beer kort op hul hakke.
Die brutowenner was Christiaan de Beer (143), tweede plek was Eddie Wilken van Malelane Gholfklub (144) en Neville Meyer het derde plek behaal (149). Die res van die uitslae was soos volg: Lappies Labuschagne (140) nettobrutowenner, Kerneels Muller (142) nettobrutowenner tweede, Gavin Brough (156) senior-brutowenner, Ben Smit (146) senior-nettowenner, Jaco Coetser (72) oggend-brutowenner, Jacques Brits (70) middag-brutowenner, Dumisa Gama (69) oggend-nettowenner en Austin Mashego (69) middag-nettowenner.
Gholfers word herinner aan die Lydenburg Gholfklub se klubkampioenskappe wat op Saterdag en Sondag 13 en 14 Maart plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button