Dinamiese praktyk sorg vir wye glimlagte by pasiënte
Die My Smile Dental Studio word reeds vir die afgelope 24 jaar in Lydenburg bedryf.

Die praktyk is geleë in ’n pragtig gerestoureerde huis in Viljoenstraat 50, oorkant die mediese sentrum. Dr. Auke van der Meulen en sy vrou, dr. Karen Kromhout, bedryf ook ’n My Smile Dental Studio vanuit die Casterbridge Leefstylsentrum in Witrivier. Die Lydenburg-praktyk is egter baie na aan hul harte. Beide het ná hul studies as tandartse in die Verenigde Koninkryk tandheelkunde beoefen voordat hulle na Suid-Afrika teruggekeer het.

Hulle bied ’n verskeidenheid prosedures, soos skoonmaak, stopsels, inplantate, Die My Smile Dental Studio word reeds vir die afgelope 24 jaar in Lydenburg bedryf. Die praktyk is geleë in ’n pragtig gerestoureerde huis in Viljoenstraat 50, oorkant die mediese sentrum.
Dr. Auke van der Meulen en sy vrou, dr. Karen Kromhout, bedryf ook ’n My Smile Dental Studio vanuit die Casterbridge Leefstylsentrum in Witrivier.
Die Lydenburgpraktyk is egter baie na aan hul harte. Beide het ná hul studies as tandartse in die Verenigde Koninkryk tandheelkunde beoefen voordat hulle na Suid-Afrika teruggekeer het. Hulle bied ’n verskeidenheid prosedures, soos skoonmaak, stopsels, inplantate, krone, brûe en finering, worstelstelle en tandheelkundige bleiking aan.
Lees ook: Singende Jan se nuwe Kersalbum bekoor
“Ons het al die moderne toerusting hier in ons praktyk om ’n kwaliteit diens te lewer. Die Cone Beam Computed Tomography (CBCT)-skandeerder neem ’n driedimensionele beeld van die pasiënt se kake en tande. Hierdie skandeerder dui onder meer die soliedheid van die tande en die omliggende strukture aan. CBC-T skanderings word gebruik vir veral die beplanning van implantaat-plasing, ortodontiese behandeling, sowel as die diagnosering en behandeling van verskeie kaak- en tandbeserings. Die Cerec-masjien is ‘n rekenaar waarmee hulle krone tydens een besoek maak met ’n CAD-CAM-metode.

Dit spaar baie tyd met die maak van onder meer krone en maak die tandartsbesoek vir die pasiënt baie gerieflik. Dit is nie vir pasiënte nodig om na groter sakesentrums te reis of na stede nie. Ons kan die grootste deel van die werk by die praktyk verrig,” het dr. Kromhout gesê.
“Gesonde en ’n pragtige stel tande is ’n bate en maak dadelik die gesig aantrekliker. Tande gee ons selfvertroue en verbeter ons lewensgehalte. Tande het ook ‘n belangrike uitwerking op ons dieet, gesondheid en algehele welsyn. Deur middel van ’n holistiese benadering kan ons mondsiektes voorkom en mondgesondheid en welsyn handhaaf,” het dr. Kromhout voorts gesê.
Hulle word by die praktyk bygestaan deur die stoelassistente, Letitia Hendrikz en Lorraine Matuludi. Marjorie Campbell is die voorslagdame wat die ontvangs behartig. Skakel gerus die praktyk by 013 235 1983 of 013 235 4563 of e-pos accounts@mysmile. co.za om afsprake te maak.
