Begrafnisdienste vier sy 10de verjaardag

Martin’s Begrafnisdienste (Martin’s Funerals) het op Maandag 24 Januarie sy 10de verjaardag gevier. Die personeel is met ’n pragtig versierde koek bederf.

Jan en Elmarie Schoeman is bekend daarvoor dat hulle begrafnisse met deernis en sorgsaamheid hanteer. Met hulle personeel bied hulle ’n professionele diens wat daaraan toegewyd is om gesinne in moeilike tye te ondersteun.

Martin’s bied hoë gehalte en bekostigbare begrafnisdienste met verskeie pakkette en begrafnispolisse aan. Kliënte kan van so min as R170 per maand ’n polis uitneem wat R20 000 dek tydens ’n afsterwe.

Lees ook: Elfjarige van Lydenburg kry drie beroertes na breinoperasie

Gaan besoek gerus die kantore by De Clerqstraat 67 om meer van die verskeie planne uit te vind. Al die pakkette is tans teen ‘n verlaagde tarief beskikbaar en tot 10 gesinslede kan gedek word, afhangende van die polis. Die personeel is 24 uur beskikbaar. Skakel of whatsapp Martin’s Begrafnisdienste by 013 235 2432 of 084 587 5666.

Charlotte Keel, Julia van Wyk, Elmarie en Jan Schoeman (eienaars), Cobus Robinson en Luan van der Westhuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button