Gert & André Elektries vier 30 jaar se gehalte diens

Gert & André Elektries bestaan reeds vanaf 1 Junie 1992 en is sedertien ’n steunpilaar in die Lydenburg-gemeenskap.

Gert Viljoen en André Swanepoel het saam die onderneming begin en later van jare het Gert se broer, Derik, ook by die span aangesluit.

Lees ook : Jolige affêre sorg weer vir ‘n trefferbasaar op Lydenburg

Op Woensdag 1 Junie het hulle hul kliënte genooi om hierdie mylpaal met ’n braai te vier en het heerlik saam met hulle gekuier. Die firma verskaf die beste moontlike diens teen mededingende pryse. Hulle spesialiseer in elektriese installasies, instandhouding, verkoelingsisteme, sonkraginstallasies vir huise en pompe, huisbedrading en vele meer.

Die winkel bied onder andere verskeie elektriese onderdele en toerusting, batteryligte, sonligte en gloeilampe. Dit is met trots dat die bestuur van Gert & André Elektries na 30 jaar van sukses kan terugkyk, en hulle wil hul opregte waardering en dank teenoor al die kliënte, personeel en diensverskaffers uitspreek.

Voor: Gert Viljoen, Wouda Viljoen, André Swanepoel, Bianca Theunissen, Josias Seotlo, (agter) Thandi Maduma, Johannes Ledimo, Esti Dreyer, Derik Viljoen, Gary Muller en Lucas Ledimo

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button