Sponsored

GEBORG | Solidariteit se Mpumalanga-kantoor staan gereed om hulp aan te bied

Wanneer WVF-uitbetalings jou in die steek laat, is dit belangrik om kenners te raadpleeg wat jou met hierdie proses kan help.

Ons hoor dit daagliks hier in ons kantoor in Mpumalanga: “Ek het my aansoek ingedien, maar my geld van die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) kom net nie deur nie!” Dis frustrerend – veral as jy jouself reeds in ’n moeilike situasie bevind.
Die WVF (ook bekend as UIF in Engels) is daar om jou by te staan as jy jou werk verloor het, met onbetaalde kraamverlof is, of tydelik nie kan werk nie. Jy dra elke maand saam met jou werkgewer by tot hierdie fonds – en dit is dus jou reg om daaruit te eis wanneer jy dit nodig het.

Maar wat doen jy as die proses begin vashaak?

Solidariteit staan gereed om jou te help! Hier is hoe:

1. Maak seker jou aansoek is 100% korrek
Meer as 70% van vertragings by die WVF is te wyte aan administratiewe foute. Maak dus seker van die volgende:
• Al jou dokumente is volledig en korrek.
• Jou ID, bankbesonderhede, ROE- en U19-vorms is ingedien.
• Jou vorige werkgewer het jou beëindiging reg geregistreer.
Indien jy reeds hulp van Solidariteit ontvang het, skakel jou regsverteenwoordiger om te bevestig dat alles reg is.
2. Volg gereeld op – moenie wag dat iets gebeur nie
Ons is almal bewus daarvan dat prosesse by die Departement van Arbeid ongelukkig nie spoedig verloop nie. Dit is dus belangrik om self op te volg:
• Bel jou plaaslike WVF-kantoor.
• Teken aan op uFiling en hou jou status dop.
• Hou rekord van e-posse, oproepe en verwysingsnommers.
En onthou: as jy lid is van Solidariteit, hoef jy nie hierdie pad alleen te stap nie. Ons regsafdeling kan namens jou opvolg en druk uitoefen.
3. Kry regshulp as jou aansoek afgekeur word
Indien jou aansoek onregverdig afgekeur is, of jy geen antwoord ontvang nie, is dit tyd vir aksie. Solidariteit help jou om:
• Jou by die Departement van Arbeid te verteenwoordig;
• Formele klagtes in te dien; en
• Jou saak by die arbeidsappèlhof aanhangig te maak indien nodig.

Hoekom Solidariteit?

Werk is nie net ’n manier om inkomste te verdien nie – dit is ’n integrale deel van jou menswaardigheid en sekuriteit. Wanneer WVF-uitbetalings jou in die steek laat, is dit belangrik om kenners te raadpleeg wat jou met hierdie proses kan help.
By Solidariteit is dit ons plig om seker te maak jy regverdig behandel word. Jy hoef nie stil te sit en wag nie – ons help jou om jou regte te beskerm en jou met eise by te staan. Kontak ons Nelspruit-kantoor vandag!

• Danny Schutte
Solidariteit Netwerkorganiseerder
29@Marloth, Marlothstraat 29, Mbombela, 1200
013 235 3698/013 235 1814
nelspruit@solidariteit.co.za
• Tiaan Schoeman
Solidariteit Netwerkorganiseerder
082 497 1749 / 013 235 3698
nelspruit@solidariteit.co.za

Webwerf: https://solidariteit.co.za/

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button