Local newsUpdate

Barberton bestialiteit-saak: 59-jarige man op R500 borgtog vrygelaat

’n Anonieme e-poswenk en video-opnames het ’n DBV-ondersoek in Barberton ontketen wat gelei het tot ’n klopjag en die beslaglegging van ses honde op ’n nabygeleë plot.

’n 59-jarige man het vandag, 18 Junie, vlugtig in die Barberton-landdroshof verskyn op ’n klagte van bestialiteit.

Hy is op R500 borgtog vrygelaat, en die saak is vir verdere ondersoek tot Vrydag, 24 Julie, uitgestel.

Die verdagte is in hegtenis geneem ná ’n klopjag deur die Nelspruit DBV in die vroeë oggendure van 16 Junie op ’n plot enkele kilometers buite Barberton.

Die ondersoek het gevolg op ’n anonieme e-poswenk wat die DBV op Saterdag, 13 Junie ontvang het, waarna inspekteurs Lize Pienaar en Michelle Steyn dadelik ’n ondersoek van stapel gestuur het.

LEES OOK: Barberton-man vasgetrek na DBV-wenk oor beweerde dieremishandeling en bestialiteit

Volgens Pienaar het die e-pos onder meer bewerings bevat dat die man seksuele dade met ’n reunhond pleeg.

Die drie honde waarop daar beslag gelê is in Barberton. > Foto: Verskaf/Nelspruit DBV
Die drie honde waarop daar beslag gelê is in Barberton. > Foto: Verskaf/Nelspruit DBV

Video-opnames, wat glo deur die verdagte self geneem is en waarin hy seksuele dade met ’n hond uitvoer, is ook aan die DBV oorhandig.

Tydens die klopjag is ses honde op die eiendom aangetref en deur die DBV in beslag geneem.

Die diere is deur dr. Jan Paul Lubbinge, ’n DBV-veearts, ondersoek, terwyl die polisie ’n verkragtingstel beskikbaar gestel het en DNS-monsters geneem is.

Die verdagte se naam is aan Laevelder bekend, maar word nie bekend gemaak nie omdat bestialiteit ingevolge die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Sake) val.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button