Jan BlouKaas kry halfmiljoen kyke vir ‘Kyknet en Chill’

Ouers reg oor Suid Afrika se ore suis op die maat van die jong man se ritmiese klanke.

Die jong Suid-Afrikaanse YouTuber bekend as Jan BlouKaas is besig om opslae te maak met sy treffers wat beskikbaar is op YouTube en iTunes. Sy snit Kyknet en Chill is al meer as 500 000 keer geluister op YouTube.

Met slegs vyf snitte op Youtube, sit hy reeds met meer as 8 500 volgers.

Hy het onlangs op sy Facebook blad ook ‘n kort lokvideo geplaas vir sy nuutste snit, Rukbos:

https://www.facebook.com/janbloukaasmusiek/videos/233170313918968/

Volgens ‘n plasing op sy blad het hy selfs vir Cat Stevens en Steve Hofmeyr in die stof gelaat met aanlyn musiek verkope in November verlede jaar.

https://www.facebook.com/janbloukaasmusiek/posts/191602884742378

 

Back to top button