Skole se tweestryd eindig gelykop
Daar was ’n rooi optog, daar was omstredenheid, geelkaarte, ’n rooie en daar was klipharde rugby!

Al moes die toeskouers van agter ’n heining rugby kyk, was hulle aanmoediging soos ’n vol Loftus Versfeld.
Dit was lekker! Lekker om weer die opgewondenheid te beleef, die mededinging en net om weer langs ’n sportveld te staan.
Die eerstespanne, vermom as o/17, het ingeklim, asof dit ’n volwaardige Classic Clash was.
Daar was geen genade gegee of gevra nie.
Die hand van Buks Botha was duidelik in Middies se spel. Die span het afgeronde rugby gespeel en was welverdiend rustyd met 8-5 rustyd voor en kort na die aanvang van die tweede helfte met 15-5.
In die laaste tien minute het die Rooies met ’n geweldige aanslag gekom, om die telling met 15 elk gelykop te maak, wat ook die eindtelling was.


