News

Twee pleeg selfmoord

'n Familie is in skok gedompel nadat 'n jong ma haarself Woensdagaand geskiet het.

Die gebroke Pieterse familie het baie vrae en geen antwoorde nie. Volgens Danielle Pieterse (24) se ma, Mariette, was daar geen teken dat iets fout is nie.

Danielle het haar verloofde se vuurwapen uit die kluis gehaal en haarself daarmee in die kop geskiet.

“Ons weet nie wat gebeur het nie. Al wat ons kan dink is dat sy aan depressie gely het en niemand het daarvan geweet nie. En nou is daar ‘n kind sonder ‘n ma.”

Daniella Pieterse saam met haar verloofde, William Stander, en hul seuntjie.
Daniella Pieterse saam met haar verloofde, William Stander, en hul seuntjie.

Haar seuntjie word aan die einde van die maand een jaar oud.

Daar was nog geen begrafnisreëlings teen druktyd getref nie, omdat die familie wag vir die polisie se ondersoek om afgehandel te word.

• Bekende polisieman, Anton Kruger, het homself Dinsdagaand in sy huis in Jackaroopark in eMalahleni opgehang.

Mnr. Kruger het vir jare gewerk as ‘n vingerafdrukdeskundige by die polisie se forensiese eenheid voordat hy die privaatsektor betree het.

Sy oud kollega, kolonel Anton Crafford, het gesê dat dit ‘n voorreg was om saam met hom te werk en dat sy dood hom swaar getref het.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button