News

Deelname aan kampioenskappe van die baan met diefstal van vierwiel motorfiets

’n Deelnemer aan die 4-24 Racing en Farm Jam kompetisies kan nie die naweek aan die eerste kampioenskap deelneem nie, omdat sy vierwielmotorfiets in die vroeë oggendure vanoggend gesteel is.

Mnr. Louis Roos sê die booswigte het eers sy twee Jack Russell hondjies vergiftig, waarna hulle oor die muur geklim en die hekmotor buite aksie gestel het.
“Hulle het presies geweet waar die alarm-ogie nie lekker gewerk het nie.”

Die groep het daarna beweeg na die afdak, waar mnr. Roos se vierwielmotorfiets vasgeparkeer was agter sy vrou se kar.

“Hulle kon nie die sleepwa met die vierwiel skuif nie en het die motorfiets van die sleepwa af, bo-oor my vrou se kar getel! Hulle moes ’n groot groep gewees het om dit te kon doen.”

Mnr. Roos vermoed dat hulle omstreeks 03:00 op die erf was, want die persoon wat die woonstel huur, sê haar klein hondjie in die woonstel het daardie tyd geblaf. Sy was egter nie bekommerd nie, omdat die alarm aan was.

•Mnr. Roos sê hy sal beslis nie voor die naweek sy vierwielmotorfiets kan vervang nie, aangesien ’n nuwe motorfiets R100 000 beloop.

•Hy vra dat as enigiemand die vierwielmotorfiets sien om hom te bel by 072 836 0802. Dit is ’n Suzuki LTR 450cc motorfiets met ’n unieke “421 Racing”-plakker op.

•Verlede Vrydag is twee honde in Dennesig vergiftig, omdat die diewe ook agter ’n vierwielmotorfiets in die motorhuis aan was. Die booswigte is waarskynlik gepla en het hulle geepad.

Lees in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer meer oor dié voorval waar die eienaar van die honde ’n beloning aanbied vir inligting wat sal lei tot die vervolging van die skuldiges.

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button