Kampioen in die lewe…vergete nadat sy vermoor is
Alta Maree was ’n held. Vier jaar Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioen. ’n Legende van Witbank. Maar toe verdwyn sy.
Twee jaar en twee maande later bewys DNA toetse van pantoffels en liggaamsdele wat in ’n vlak graf gekry is, sy is vermoor.
Maar geen haan kraai daaroor nie.
’n Nasionale atletiek kampioen wat maar net nog een van die vergete moordstatistieke geword het.
Vandag onthou leerders wat saam met haar op Generaal Hertzog was net nostalgie hoe Maree Witbank aan die brand gegooi het.
Lees ook: WANTED: Murder Suspect – Police urge community to help locate this man
Die gesoute rugby administrateur, Freddie Nel, vertel dat sy op die pawiljoen gesit en ’n hamburger geëet het toe mnr. Meintjies vra sy moet kom spiesgooi vir die Gemsbok span want hulle kort ’n atleet.
“Alta het die hamburger neergesit, haar rok ingedruk en ’n nuwe Interhuis rekord opgestel”.
Hierna was daar geen keer aan haar nie en sy wen elke jaar die Oos-Transvaal kampioenskappe en in 1970, ’71, ’72 en ’73 die Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioenskappe.
Nog ’n oudleerling van Generaal Hertzog, Tonie van Tonder, vertel dat die veld “skoongemaak is wanneer Maree die spies gevat het. Sy het so ver gegooi dat die kinders se lewe in gevaar was”.

Suid-Afrika se spiesgooi ghoeroe, Terseus Liebenberg, onthou Maree goed en beskryf haar “as ’n besonderse atleet wat haar beste afstand op 15 April 1972 in Pretoria gegooi het, ’n 54,02 meter”.
“Alta was ’n fantastiese mens, bemind onder almal, ’n kind van ons dorp,” sê mnr. Nel, wat geskok is oor die tyding van Maree se moord.
Maree het op 23 Februarie twee jaar gelede, vanjaar vanaf haar huis in Clewer verdwyn. Later is liggaamsdele uitgewys langs die Ogiespad.
Die matte is uitgeruk, terwyl wapens en ammunisie gesteel is.
Lees ook: Spiesgooi kampioen vermoor – medaljes opgespoor
Haar swaer, Willie Nel, het haar medaljes opgespoor. Hy het dit in ’n boks gekry en dit is tans in sy besit.
Mnr. Nel sê hy is gebel om te gaan ondersoek instel, nadat Maree se bakkie buite haar kleinhoewe op Clewer gekry is met stukkende vensters. Die huis se deure was oop. Drie gereedskapkaste en verskeie vuurwapens, waaronder ’n .22 rewolwer, .38 rewolwer en .22 geweer, is uit die huis vermis. Sy is waarskynlik op 23 Februarie 2018 ontvoer.
Haar bestuurderslisensie en ’n bankkaart is later op die Ogiespad gekry.
Dennis Sipho Motubatse (34) is in verband met die moord aangekeer, maar is op borg vrygelaat en het verdwyn.
Familielede wag dat die administratiewe rompslomp afgehandel is, voordat hulle begrafnisreëlings tref.
’n Familie wat ’n laaste keer wil onthou…terwyl ’n land vergeet het van sy eertydse kampioen.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
