News

Bakkie in reën by huis in Bethal verby

’n Inwoner van Bethal sê daar het ’n bakkie, wat Willem Kruger se voertuigbeskrywing pas, die nag wat hy verdwyn het, by sy huis verby gery.

“My CCTV kamera wat na die Middelburgpad wys, het ’n bakkie opgemerk rondom die tyd waar Willem daar verby moes ry. Dit is as hy 3:00 se kant uit Morgenzon weg is,” het mnr. Lee van Tonder gesê.

Willem moes dié pad ry as hy van Morgenzon na Groblersdal op pad was.

Lees ook: Jong man verdwyn op pad na Groblersdal

Volgens hom was die pad baie stil en die bakkie was die enigste voertuig wat omstreeks 03:52 verby die kamera gery het.
“Op my kamera kan mens nie die voertuig identifiseer nie. Dit het baie gereën.”

Mnr. Van Tonder het vir die familie en vir die ondersoeker van die saak die materiaal gestuur.

Lees ook: Willem se pa soek in helikopter na hom

Die kwaliteit is baie swak en hy sê dat niemand nog teruggekom het na hom toe of hy moontlik reg kan wees dat dit Willem se bakkie is nie.

Hy het genoem dat hy al die noodgroepe in hulle area van Willem se verdwyning in kennis gestel het en dat almal op die uitkyk is vir hom.

•As enige persoon inligting het waar Willem moontlik kan wees, bel Jacques Verwey (sy swaer) by 071 688 9794 of sy suster, Danelle, by 082 524 8346.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button