News

Gebedsbyeenkoms vir Willem op sy pa se plaas

Willem Kruger (28) het spoorloos verdwyn nadat hy verlede Saterdagoggend vanaf Morgenzon na Groblersdal vertrek het.

Daar is vanaand om 18:00 ‘n gebedsbyeenkoms vir Willem Kruger en sy familie.

Kruger is bykans al ‘n week vermis en Sakkie Louwrens van Bosveld Misdaad Ondersoeke het gister bevestig dat daar nog geen nuwe inligting is nie.

Daar is wel vanaand ‘n geleentheid om te bid vir Kruger en sy familielede.

Die organiseerders daarvan sê ‘ons wil lewe spreek en saam bid vir’ n wonderwerk’. Die byeenkoms sal by TKB, Willem se ouers se plaas, gehou word.

‘n Wit ballon sal by die hek opgesit word waar dit gehou word.

Dit sal ook uitgesaai deur middel van ‘n regstreekse uitsending op Ons soek Willem Kruger se Facebook-blad.

Almal wat kom, moet ‘n kers saamneem.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button