News

Soektog na Willem skuif weg van rivier af

Die soektog na Willem Kruger het pas weggeskuif van die Vaalrivier af.

“Ons skuif weg vanaf die rivier. Leidrade word opgevolg. Daar is geen positiewe vordering tans nie,” het mnr. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke) pas gesê.

Hy wou nie uitbrei waarheen die nuwe leidrade hulle lei nie.

Enige nuwe inligting kan aan mnr. Louwrens deurgegee word by 071 798 7954.

  • Sedert Willem Sondag in die vroeë oggendure verdwyn het vanaf die Henbase Lodge, waar hy ‘n rampartytjie bygewoon het, is daar die hele tyd in die Vaalrivier na hom gesoek. Die rivier loop langs die lodge verby.

Check Also
Close
 
Back to top button