Die soektog is vanoggend vroeg weer voortgesit in die Vaalrivier langs die Henbase Lodge vanwaar Willem verlede Sondag in die vroeë oggendure verdwyn het.
Sedert sy verdwyning is daar die afgelope week bekend gemaak dat die seine van sy selfoon en opsporingstelsel die laaste keer daar gesien is. Dit is hoekom daar in die Vaalrivier na hom gesoek word, omdat dit reg langs die lodge verbygaan en daar ook ‘n bedrieglike laagwaterbruggie is.
Buiten Willem se familie, is daar hordes vrywilligers, ondersoekspanne en polisielede wat help soek en word helikopters, bote en hommeltuie met spesiale toerusting gebruik om na hom te soek.
- By navraag aan mnr. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke) vir die nuutste inligtng van die toneel af waar daar na Willem gesoek word, het hy gesê dat hy daar “besig is met ‘n dringende ding” wat sy aandag verlang. Hy het beloof hy sal die nuutste opdattering gee, sodra hy kan.
- Indien enige persoon op hierdie stadium nuwe inligting kan verskaf wat die span in hul ondersoek kan help, bel mnr. Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke) by 071 798 7954.
- Gisteraand het plaaswerkers en sowat 200 inwoners van Marble Hall en Groblersdal op Willem se pa, Tian, se plaas byeen gekom om vir ‘n wonderwerk te bid.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
