Suid-Afrika word gevra om ’n kers vandag om 08:00 aan te steek vir Willem Kruger wat al meer as ’n week vermis word.
’n Meganiese ingenieur, wat spesialiseer in die rekonstruksie van ongelukke, het na aanleiding van bakkiespore en stukkende sement in die karavaanpark langs die Vaalrivier by Henbase Lodge, gesê alle aanduidings is dat Willem se bakkie in die rivier in gery het.
Lees ook: Bakkiespore en badsakkie wys Willem waarskynlik met bakkie rivier in
Mnr. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke), wat die ondersoek na Willem se verdwyning lei, se persoonlike mening was ook dat Willem se bakkie in die rivier beland het.
’n Vriendin van die familie, wat ook een van die organiseerders was wat Vrydagaand die gebedsgeleentheid op Willem se pa se plaas gereël het, het gevra dat almal weer vandag saam sal bid (sy verkies om anoniem te bly).
Die wat nie kerse het nie, kan by hul werksplek net hul oë sluit en saam bid.
“Bid vir ’n wonderwerk, spreek lewe,” vra sy en elke ander persoon wat al sedert die vroeë oggendure van 13 November na Willem soek.
Lees ook: Duisend ruk op in soektog na Willem
• Daar is gemeld dat 1 000 vrywilligers vandag by die Henbase Lodge byeen sal kom as deel van ’n massasoektog na hom.
• Die Vaalrivier het al baie afgeloop en polisieduikers, waaronder duikers van Middelburg, sal later vandag by die soektog aansluit.