Boodskappe uit Amerika en Turkye vir Mielie
Dit is vandag amptelik ’n week vandat die Austaliaanse beeshond, Mielie, op die Slaghoek plaas, net duskant Doornkop, weggeraak het.
Kevin Ruthven se verhaal van Mielie en Brood, het mense se harte landwyd geroer.
Mielie het verlede week en Maandag om 15:00 langs die oewers van die Olifantsrivier verdwyn.
Lees ook: Hartroerende soektog na hond – ‘Sonder Mielie is Brood net Brood’
Intussen, het hulp en ondersteuning vanuit alle oorde ingestroom en ’n grootskaalse soektog met die hulp van hommeltuie en spoorsnyhonde is begin.
Kevin het vanoggend moedeloos vertel dat die soektog steeds niks opgelewer het nie.
Hy is verstom met die ondersteuning wat hy tot dusver ontvang het.
Lees ook: Mielie roer hartsnare, hommeltuie op pad om te help soek
“Daar is ’n vlieënier, Richard Burnes wat aangebied het om met sy helikopter vanaf Benoni na die plaas toe te vlieg sodat ons uit die lug uitkan soek. Die weer is te sleg vir hulle om te vlieg, so ons wag dat dit ooptrek.”
’n Anonieme skenker het ook aangebied om die kostes van die helikopter te dek.
“In die laaste 24 uur het ek oor die 600 boodskappe ontvang. Utah, Kalifornië, Swede, Turkye, Namibië, Kanada, Engeland, die hele Suid-Afrika! Ek kan nie almal antwoord nie, maar wil graag uit die diepte van my hart dankie sê.”
Kevin vra die boere langs die Olifantsrivier sal uitkyk vir Mielie.
Lees ook: K9’s vind nie Mielie nie
Lees ook: Geen teken van Mielie
