News

Nog ’n dwelmverslaafde skop gemeenskap in die tande

Die dwelmverslaafde Michael Bakker het die gemeenskap, soos die meeste van sy dwelmmaats, in die tande geskop.

Michael was verlede week in die nuus nadat hy ’n baba pitbulterriër hondjie aan ’n taxidrywer verkwansel het.

Die Dagpatrollie het gesien dat daar gesoek word na hom en het Michael by ’n Internet kuierplek opgespoor en Donderdagmiddag na die Middelburg Observer se kantore gebring.

Lees ook:

Pitbull hondjie wat gesteel is, moontlik verkoop

Michael het snikkend verskoning gemaak dat hy die hondjie verkoop het en beloof dat hy die hond die volgende dag sou terugkoop. Hy het voet by stuk gehou dat hy nie die hond buite die dorp gaan steel het nie, maar dat ’n ander jong man die hond vir hom gebring en hy hom toe verkoop het.

Mnr. Arthur Hill (Dagpatrollie) het tydens die onderhoud vir Michael gevra of hy wil skoonkom van sy heroïngebruik en het dadelik bevestigend geantwoord.

Mnr. Hill het in die Observer se kantore vir past. Jannie Jacobs (Oorwinnaars Halfweghuis vir dwelmverslaafde mans) gebel en gevra of daar plek is by die Oorwinnaars vir Michael.

Lees ook:

Hondjie is aan taxidrywer verkoop

Die Dagpatrollie het ook aangebied om die kostes te dek vir Michael se hulp by die Oorwinnaars.

“Dit is nie die eerste keer dat ons probeer het dat Michael vir hulp na die Oorwinnaars moet gaan nie. Vroeër hierdie jaar het hy ook gepleit vir hulp,” sê mnr. Hill.

Past. Jacobs het genoem dat hy sake moet doen in die omgewing en dat hy Vrydagaand deur Middelburg sal ry terug plaas toe, waar die Oorwinnaars geleë is.

Michael was inskiklik om die lede van die Dagpatrollie by die Observer se kantore die aand te kry, waarna hy dan saam met past. Jacobs na die Oorwinnaars Huis sou ry.

Lees ook:

Dagpatrollie bring Kylie huistoe

Mnr. Hill het om 22:10 die joernalis laat weet dat Michael nog nie opgedaag het nie.

“Ons gaan egter nie van hom vergeet nie. Ons gaan steeds kyk of ons hom kan help,” het mnr. Hille hierdie week gesê.

• Past. Jacobs sê hulle het amper ’n uur vir Michael gewag, maar toe hy nie opdaag nie, het hy maar gery.

• Michael het tydens sy onderhoud oor die honddiefstal erken dat dit ook hy was wat onlangs dreigend met sakeman, Henning Benadie, was.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/03/03/deense-honde-en-bulterrier-op-erf-waar-kylie-teruggekry-is/

Hy het dwelms gebruik op die sypaadjie voor mnr. Benadie se besigheid en mnr. Benadie het foto’s en ’n video van hom geneem.
Michael het vir hom gesê dat hy “die res van jou lewe vir my dwelms sal betaal as jy dit op enige plek op sosiale media plaas.”

“Ek wou nog verskoning gaan vra,” het Michael oor die voorval gesê.

• Michael was al vyf keer by Hope Corner en was op ’n stadium vir 11 maande skoon van dwelms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button