News

Vrou en drie kinders gekaap op pad na sportdag

’n Vrou met drie kinders by haar in die kar is Saterdag gekaap op pad vanaf Klerksdorp vir ’n sportdag, wat by Hoërskool Middelburg aangebied is.

Hulle is later op ’n grondpad gekry, waar nóg drie paartjies, wat ook vroeër die dag gekaap is, tussen die grasse uitgekom het.

Verskeie inwoners is die afgelope paar jaar op die N12 gekaap, waaronder sakeman Piet du Toit en Gerda Toms saam met haar seun Joshua, nadat me. Toms hom gaan haal het by die SA Kunsaas Hengelkompetisie by Forever Loskopdam in 2021.

Hulle is soos mnr. Du Toit op die N12 gekaap, deur ’n groep wat hulle voorgedoen het as polisiemanne. Daar is meer as twee ure met hulle rondgery, waarna hulle in ’n veld afgelaai is.

Die hele tyd is gedreig dat hulle doodgeskiet gaan word.

Lees ook:

Vrou en seun deur ‘Blouligbende’ op N12 gekaap

Mnr. Lourens van der Merwe (adjukhoof, Akademie, Hoërskool Wesvalia) het bevestig dat die drie leerlinge, wat deel was van die kaping, almal vandag weens die trauma tuis gebly het.“Almal betrokke kry tans berading.”

Hy het genoem dat hy nie die detail het van hoe die vrou en die kinders (almal tussen graad 8-10) gekaap is nie, maar het die agtergrond vertel, soos hy dit gehoor het.

Die vrou was met haar eie twee kinders, asook ’n maatjie, op pad na Middelburg, toe sy gekaap is.

Lees ook:

Man vertel van nagmerrie in hande van 12 kapers

Mnr. Van der Merwe sê dat ’n vriendin van die ma hulle met ’n spesiale Toep op haar foon, gevolg het soos hulle die roete Middelburg toe aangepak het.
Die vriendin het op ’n stadium gesien dat hulle nie meer op die hoofweg ry nie en het dadelik hulp ontbied.

Mnr. Van der Merwe sê hy het gehoor dat die kaping “naby Middelburg” plaasgevind het, maar is nie seker presies waar en hoe dit gebeur het nie.
Daar is vir hom gesê dat die ma en haar twee kinders en een van die kinders se maatjies, op ’n grondpad gekry is.

Wat vir hom skokkend was is dat daar gesê is dat met die opspring van die vrou en kinders, nóg drie paartjies gekry is.
Hy het gemeld dat die paartjies se klere geskeur was.

Lees ook:

“Polisiemanne” hou twee mans vir ure aan – dreig om hulle dood te skiet

• Die ma van die kinders is hospitaal toe geneem vir behandeling, aangesien sy deur die kapers aangerand is.
Sy is na behandeling ontslaan.

•Die gesin se selfone is gesteel en kon daarom ook nie bereik word nie.

• Mnr. Johan Stronkhorst (hoof, Hoërskool Middelburg) sê een van die rugbywedstryde is vir ’n paar minute vertraag, omdat die seun, wat gekaap is, nie opgedaag het nie. Een van die plaasvervangers het daarna vir hom ingestaan.

• Enige persoon wat meer inligting het rakende die kapings, waar dit plaasgevind het en hoe almal gekaap is, kan Daleen Naude bel by 013 243 1434 of ’n e-pos stuur na daleen@mobserver.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button