News

Roosmarie beskuldig dat sy Welkom sakeman inloop

Roosmarie het tydens ’n hofverskyning in Februarie skuldig gepleit op ’n klagte van diefstal.

Die selfhervormde Roosmarie van Staden word daarvan beskuldig dat sy in Welkom weer met haar slenters bedrywig is, skaars ’n maand nadat sy 16 dae agter tralies was vir diefstal.

’n Inwoner wat self deur Roosmarie ingedoen is het vertel dat ’n sakeman vanuit Welkom hom gekontak het, nadat hy na bewering deur haar ingeloop is.
Die sakeman het aan die Middelburg Observer gesê dat hy deur Roosmarie bedrieg is, maar wou nie verder kommentaar lewer nie.

• Roosmarie het tydens haar tweede hofverskyning skuldig gepleit en is op 8 Februarie skuldig bevind op een klagte van diefstal van ’n luidspreker.
Sy is ’n boete van R1 500 en drie jaar gevangenisstraf opgelê, wat beide vir drie jaar opgeskort is.

Lees ook:

Vrou vas wat glo vals Juanita du Plessis kaartjies verkoop

Talle klagtes wat teen haar gemaak is, is egter deur die hof laat vaar vir vonnisdoeleindes.

Die klagtes sluit onder ander in:

Middelburg: Die verkoop van Juanita du Plessis kaartjies vir ’n vertoning wat nooit plaasgevind het nie; verskeie kontantlenings gemaak sonder om die geld terug te betaal; sy het ook brandstof ingegooi en weg gery sonder om daarvoor te betaal.

Lees ook: 

Roosmarie vry na 16-dae agter tralies vir luidspreker

Bothaville: Roosmarie is daarvan beskuldig dat sy R2 500 se kos by ’n eetplek, bekend as die Kaia, op die naam van die kroeg waar sy gewerk het gekoop het.

• Na haar skuldigbevinding het Roosmarie in ’n openhartige onderhoud met die Middelburg Observer verskoning gevra aan haar slagoffers en ook vertel dat sy haar lewe “nuut wil afskop”.

Sy het daarna na Boksburg verhuis, waar sy werk en blyplek kon kry.

• Pogings om Roosmarie te kontak vir kommentaar was onsuksesvol.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button