Sneeu en Sjerrie – nog foto’s gedeel
Ons het al gehoor van sop en sjerrie maar sneeu en sjerrie?
Ja! Julle het reg gehoor!
Dis nie elke dag wat dit sneeu in ons hoëveld se vlaktes nie en die Middelburg Observer deel graag in inwoners se opwinding oor ons omgewing se wit winterwonderland.
Sommer vir die pret word drie bottels sjerrie weg gegee aan die drie beste sneeufoto’s wat aan ons gestuur is.
Die kompetisie sluit vandag en ons drie wenners sal more aangekondig wees.
• Ongelukkig het die Middelburg Observer bystandfoon onklaar geraak en daarom vra ons dat fotograwe wat hulle foto’s per WhatsApp gestuur het dit eerder e-pos aan daleen@mobserver.co.za of sjani@observer.co.za. Onthou om jou naam en van, kontak nommer en waar die foto geneem was by te voeg.
Kyk gerus na die foto’s wat onlangs deurgestuur is:
Debbie Grové van Belfast:
Ellen Buckle sê daar was geen sneeu op Middelburg nie, so hulle het ’n plan gemaak:
Hector van Aardt deel foto’s van Klipfontein:
Jacolin Matthee:
Janine Nienaber van Dullstroom:
Johan Smit van Komati:
Simoné Ebersohn van plaas Platfontein net buite Middelburg:
Middelburgers Willem en Soretha Oosthuizen het Maandag by hul kinders, Deidré en Ivan Horn in Bethal gekuier toe dit begin sneeu.
Sy het ’n hele paar foto’s ingestuur van hul kinders DJ, Hendrik, Nikita, Deidré en Ivan en selfs die hond, Mila:
Monica Viljoen se foto wys hoe dik die sneeu gelê het op Hendrina:
Mioné Morton het ’n paar foto’s ingestuur van hul besoek Dinsdagoggend aan Belfast en Dullstroom.
“Belfast was baie kouer en het baie meer sneeu gekry as Dullstroom. Ons was teen 07:30 in Belfast, toe lê die sneeu nog dik. Toe ons 11:00 uit Dullstroom is het alles reeds gesmelt.”
Om al ons vorige foto inskrywings te sien kan die volgende skakels besoek word: