News

Vrou se tweede seun ook van sy fiets af gery

Nege maande nadat Willem Esterhuizen raakgery is, is sy broer ook op sy fiets deur ’n kar getref.

Presies nege maande nadat Patricia Smit se gestremde seun, Willem Esterhuizen (25), op sy fiets raakgery is, is haar ander seun, Gert (23) ook verlede Donderdag raakgery.

“Net soos Willem, het dit op die 25ste op ’n Donderdag gebeur!”

’n Mens kan die moedeloosheid in haar stem hoor as Patricia hartseer sê dat Willem tot nou toe nog nie ’n operasie kon ondergaan het aan sy gebreekte enkel nie.

Willem het karre opgepas en het dit gehelp om die pot aan die kook te hou in die huis. Hy kan egter sedert die ongeluk op 25 Oktober 2023 nie werk nie.

’n Onlangse foto van Willem Esterhuizen, wat nege maande gelede sy enkel gebreek het, toe hy van ’n fiets af gery is.

Sy was buite haarself van skok en ontsteltenis toe sy die nuus kry dat haar ander seun ook raakgery is op sy fiets.
Hy is raakgery op die hoek van Mandelarylaan en Suidstraat.

“Gert het gelukkig nie breuke opgedoen nie, maar hy het spierbeserings opgedoen. Hy gaan in Augustus begin met fiseoterapie op sy been en skouer.”

Gert is afgeboek tot volgende Maandag, maar het Patricia geen idee hoe haar kind, wat tans die hoof broodwinner in die huis is, by die werk gaan kom nie.

Alhoewel Patricia ook werk, verloor sy elke keer ’n dag se salaris as sy moet afvat om Willem dokter toe of Middelburg- of Witbank Hospitaal toe moet neem.
Verlede week moes sy weer reël om Gert by die Middelburg Hospitaal te kry.

• Alhoewel Gert sal kan werk, weet sy nie hoe hy by die werk, wat ver van hul huis af is, gaan kom nie.

“Sy fiets is onherstelbaar beskadig en ons kan eenvoudig nie bekostig om ’n ander een te koop nie. Is daar nie dalk iemand wat net ’n ou fiets het wat in die motorhuis rondstaan, wat Gert sal kan gebruik nie?” het sy gepleit.

• Enige persoon wat hulle moontlik kan help, word gevra om Patricia te skakel by 073 896 6957.

Lees ook:

Gestremde seun van fiets af gery – bakkie jaag weg

Video wys ongeluk waar rooi bakkie seun op fiets stamp

Vrou wat gestremde seun raakgery het, gaan meld aan by polisie

X-strale wys seun wat van fiets af gery is, se enkel is gebreek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button