Dit was 33 jaar gelede.
Tweekamp en driekamp was groot op Middelburg.
Cobus Fourie, Johan Stoffberg, Stefan van der Merwe, Piet en Mandy Bothma en Jaco Brits, was bekende name in twee- en driekamp.
Van der Merwe en Piet Bothma (senior) het op administratiewe vlak ’n groot aandeel gehad in die sport se sukses.
Een van die vroue wat uitgheblink het was Mandy Bothma, deesdae belend as Mandy Blunden, die onnie wat al 32 jaar by netbal afrigting betrokke is.
Sy het haar Verre Noord-Transvaal kleure in tweekamp verwerf 33 jaar gelede en ook deelgeneem aan die bekende Perm Radio 5 driekampreeks en was die vrue wenner op Secunda en in Centurion.
Nou gaan juffrou Mandy die klok 33 jaar terug draai, wanneer sy saam met haar seun Divan van der Westhuizen en dogter Mashé Hattingh Saterdag aan die Jozidriekamp in Benoni deelneem.
Daar word meegeding in swem, fietsry en draf.
Mandy gaan die korter weergawe aandurf , Mashé die driekamp waar daar 20km met die fiets gery word en Divan die stanadaard driekamp met 40km fietsry, 10km draf en 1.5km swem.
