News

Ons kyk terug op Augustus se aanlyn stories

In Augustus het HTS Middelburg vir Hoërskool Middelburg in die Noordvaal eindstryd geklop, daar is berig oor ’n huis wat deur dwelmverslaafdes verwoes word en ’n moordverhoor is uitgestel.

Twee jaar nadat Danie Maritz (27) se oorskot in die uitgebrande voertuig van die vrouebeskuldigde se kar gekry is, is die saak nog nie afgehandel nie.

Danie is in November 2023 by ’n skrootmetaalbesigheid in Middelburg vermoor. Sy oorskot is later in die uitgebrande voertuig van Angelique Appelgryn naby ’n myn in Clewer gekry.

In Augustus berig die Observer dat die verhoor weer uitgestel is.

• Appelgryn en nog ’n beskuldigde, Alex Grobler, is tydens pleitooreenkomste met die staat albei vyf jaar tronk toe gestuur.

Lees meer hier: Bagasiebakmoord: verhoor weer uitgestel | Middelburg Observer

Danie se oorskot is in die kattebak van ’n voertuig gelaai en aan die brand gesteek. Foto: Verskaf.

’n Huis in Proteastraat is al vir jare ’n steen des aanstoots vir inwoners wat in daardie omgewing bly.

Dwelmverslaafdes en ande haweloses het die huis geweldig geplunder en groei die gras elke somer tot skouerhoogte.l

Lees meer hier: Video: Verslaafdes verwoes huis – die stank en leegheid wat jou asem wegslaan | Middelburg Observer

Daar is in die huis vuur gemaak. Foto: Daleen Naude.

Van staalhokke tot skokdrade is al probeer om hekmotordiefstalle, te voorkom. Veral in Augustusmaand het die diewe bykans elke aand toegeslaan.

Lees meer hier: Staalhokke, alarms en ‘skokdrade’ om hekmotordiefstalle te voorkom! | Middelburg Observer

Een van die hekmotordiewe in Kanonkop het wit tekkies gedra en sy makker het ’n rooi sweetpakbaadjie aangehad. FOTO: Skermskoot van videomateriaal.

Natuurlik het die Rooi Bulle in Augustus ook die Noordvaal eindstryd teen Middies gewen.

Lees meer oor dié spannende wedstryd hier: KYK: Rooi Bulle wen Noordvaal eindstryd | Middelburg Observer

Hoër Tegniese Skool Middelburg se eerstespan is vanjaar se Noordvaal Plaatfinaal wenners. Hulle het teen Hoërskool Middelburg tuis uitgedraf. Foto: Tobie van den Bergh
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button