Observer Daller

Laerskool Marble Hall: 2025 was ‘‘n besige en geseënde jaar’

Laerskool Marble Hall se hoof kyk dankbaar terug na 2025 wat gevul was met harde werk, groei en samesyn.

Laerskool Marble Hall se skoolhoof, mnr. Philip Meyer, kyk terug in dankbaarheid na 2025 en wens die gemeenskap, ouers, personeel en leerlinge ’n geseënde Kersfees en voorspoedige 2026.

Mnr. Philip Meyer (skoolhoof van Laerskool Marble Hall):

“Terwyl ons die einde van ’n besige en geseënde jaar nader, wil ek graag ’n oomblik neem om in dankbaarheid terug te kyk. 2025 was gevul met harde werk, groei en samesyn – en elke leerder, ouer en personeellid het op ’n besondere manier bygedra tot ons skool se sukses.

Kersfees herinner ons daaraan hoe waardevol familie, gemeenskap en omgee is. By Laerskool Marble Hall is ons trots op die sterk bande wat ons saam bou.

Dankie aan al ons ouers vir julle onwrikbare ondersteuning, aan ons personeel vir hul toegewyde diens, en aan ons leerders wat elke dag met energie en trots hul skool verteenwoordig.

Mag hierdie feestyd vir elke huis vrede, vreugde en nuwe hoop bring. Mag julle rus, herstel en kosbare tyd saam met geliefdes geniet. Ons sien daarna uit om almal weer veilig in die nuwe jaar te verwelkom.

’n Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige 2026!”

Lees ook: Marble Hall: Loskopvallei Rusoord het Kersfeesgees

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button