Reënbui vertraag herstel aan Groblersdal elektrisiteit
Groblersdal se krag dalk nog so twee ure geaffekteer.
Die massiewe reënbui wat Groblersdal gistermiddag getref het, het die herstel van die elektrisiteit in die dorp vertraag.
Volgens mnr. Willie Oosthuize, wykraadslid, is die herstelwerk aan die kragkabel vertraag weens die yslike reënbui gistermiddag. Die kragkabelfout was die oorsaak dat die stroomtransformator by die Krugerstraat substasie gebrand het.
“Die sloot wat gegrou is, waar die herstelwerk in Chris Wiid- en Van Riebeeckstraat plaasvind, was vol water ná die reënbui wat verhoed het dat die Elias Mostoaledi Plaaslike Munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling nie die werk kon voltooi nie. Genadiglik was die dorp se kragverbruik min genoeg tot dusver om die soort munisipale beurtkrag te vermy.”
Mnr. Oosthuizen het egter gesê dat die herstelwerk nog ongeveer twee ure sal neem en dat die gemeenskap gemaan word om hul elektrisiteitsverbruik te verminder tot die herstelwerk voltooi is.
Lees ook: Beurtkrag kom dalk vir Groblersdal
