Izaan vanaand op die kassie te sien!
’n Hoërskool Ben Viljoen leerling is vanaand op “Gekies vir die Kollig” te sien!
Izaan Kotze, ’n graad 12 leerling van Hoërskool Ben Viljoen, sal vanaand (28 Oktober) op Via TV (kanaal 147) om 20:00 te sien wees op die tweede episode van “Gekies vir die Kollig”.

Izaan se ATKV inskrywing, “Sprokie in Suburbia” is as een van die top agt inskrywings van reg oor die land aangewys.
Dié top agt inskrywings is genooi na die stel van “Gekies vir die Kollig”, waar hulle meer ondervinding gaan opdoen deur met ’n kameraspan en hul mentors te werk voor hul finale opnames.
“Gekies vir die Kollig” is die ATKV se eie TV-realiteitsreeks en het hierdie keer ’n simbiotiese temawolk.
Vanjaar se vier mentors, Jacques Bessenger, Lindsey Cele, Marlo Minnaar en Liezl de Kock, sal mekaar weer die stryd aansê met elke mentor wat twee van die agt finaliste op die stel onder hul vlerk sal neem en raad gee oor die opnames. Daarna sal ’n splinternuwe paneel, wat die finaliste se werk nog glad nie gesien het nie, die finale opnames beoordeel om vanjaar se wenner van die ATKV-DigiToneel te bepaal.
In “Gekies vir die Kollig” se vierde seisoen, sal Izaan onder leiding van haar mentor, Liezl de Kock, vanaand op die TV-kassies regoor die land verskyn.
Moet dit nie misloop nie!
