Observer Daller

Hoërskool Ben Viljoen by PHS Blitzfees

Hoërskool Ben Viljoen se o/15 en o/17 sewesrugbyspanne in aksie by PHS Blitzfees.

Hoërskool Ben Viljoen se sewesrugbyspanne het deelgeneem aan die PHS Blitzfees by Hoërskool Pietersburg.

Dit was ’n dag van aksiebelaaide hardlooprugby met ’n feestelike atmosfeer wat geheers het.

Die uitslae vir die dag is as volg:

Die o/15’s:

• Verloor 12-19 teen Hoërskool Pietersburg.

• Wen 54-0 teen Hoërskool Piet Potgieter 2.

• Wen 48-0 teen Northern Academy.

• Wen in die plaat semifinaal 19-15 teen Hoërskool Ben Vorster.

• Wen in die plaatfinaal 47-5 teen Hoërskool Frikkie Meyer.

• Eindig algeheel vyfde uit 16 spanne.

Die o/17’s:

• Verloor 14-15 teen Hoërskool Ben Vorster.

• Wen 18-7 teen Hoërskool Frans du Toit.

• Wen in die bowl semifinaal 15-0 teen Hoërskool Louis Trichardt.

• Verloor in die bowlfinaal 5-7 teen Hoërskool Merensky.

• Eindig algeheel sesde uit twaalf spanne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button