Observer Daller

Hoërskool Ben Viljoen Senior krieketspan klop Hans Strijdom

Hoërskool Ben Viljoen se senior krieketspan wen Hoërskool Hans Strijdom met 137 lopies.

Hoërskool Ben Viljoen se junior- en senior krieketspanne het te staan gekom teen Hoërskool Hans Strijdom.

Die seniorspan teken 203 lopies aan vir die verlies van al tien paaltjies in 40.4 beurte.

Limni-Lu Heswick blink uit met die kolf en teken 52 lopies aan met Jaco van der Westhuyzen wat 29 lopies aanteken.

Tydens die Dallers se aanvalsbeurt vat Ethan Oosthuizen vyf paaltjies en staan slegs tien lopies af, met Chris Jordaan wat drie paaltjies vat vir 33 lopies. Hoërskool Ben Viljoen wen hierdie wedstryd met 137 lopies.

Die juniorspan val ongelukkig vas, alhoewel Caleb Louw daarin slaag om 28 lopies aan te teken en Elrich Gouws 14 lopies.

Tydens hierdie span se aanvalsbeurt vat Nico Botha drie paaltjies met Elrich Gouws, Wian Louw en Devan Britz wat elk twee paaltjies vat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button