Observer Daller

Dit reën babers in Groblersdal!

Dit was geen ‘jakkals trou met wolf se vrou’ óf ’n gereën met ‘katte en honde’ nie - hier het ’n baber uit die lug uit geval!

“Dit reën nie katte en honde in Groblersdal nie, maar babers!”

Dit is die boodskap wat die rondte doen op die ‘Sê jou sê’ WhatsApp-groep.

’n Foto van ’n dooie baber, saam met die boodskap, ’’n baber in die straat op die hoek van Rockbunting- en Tortelduifstraat is plat getrap deur ’n voertuig,’ is Maandag omstreeks 09:43 op die kletsgroep gedeel.

Die foto van die dooie baber wat gedeel is op die WhatsApp kletsgroep. Foto: Verskaf.

Dié boodskappe volg na die reënbuie wat Sondag en Maandagoggend in Groblersdal geval het.

Hoe die baber in die middel van die dorp in die residensiële-gebied beland het, is ’n ope vraag.

Sonja Joubert het die foto en boodskap gedeel wat sy by ’n vriendin gekry het.

Daar was talle bespiegelinge oor hoe die baber daar opgeëindig het.

Een was dat die baber dalk oor die naweek gevang is, en die pad gevat het, want hy wou nie aandete word nie.

‘n Ander inwoner het gespot en gesê dat die baber dalk op pad was na die eienaar van Vallei Dierefonds vir hulp, aangesien sy in daardie omgewing woon.

Daar is ook ’n Tik-Tok video gedeel van ’n persoon wat hul troeteldier-baber gevat het vir ‘n ‘stappie’.

Dié grapperige geskerts het beslis inwoners se Maandag beter gemaak, maar wonder almal steeds of babers dan nou die gebruiklike ‘katte en honde’ uit die lug uit vervang het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button