Observer Daller

Tjar-Lize skitter op SterStatus

’n Oud-leerling van Hoërskool Ben Viljoen het behoorlik geskitter by SterStatus.

Tjar-Lize Klopper is as hul Liefdadigheid tweede naaswenner bekroon.

SterStus is ’n realiteitskompetisie op eTV wat fokus op die persoonlike groei van vrouens.

“Dit is nie net ’n kompetisie nie, dit is ’n geleentheid om vroue in die vermaaklikheidsbedryf van Suid-Afrika te bemagtig.

Tjar-Lize Klopper as SterStatus Liefdadigheid tweede naaswenner het onlangs graad gevang. Foto: Verskaf.

Dit is die perfekte platform vir enige vrou om haar drome te volg! Daar is soveel wat gebeur deur hierdie program van werkswinkels en mentorskap tot lekker uitdagings en liefdadigheid,” het Tjar-Lize vertel.

Tjar-Lize het in 2019 verhuis na Delmas, waar sy en Max Klopper getroud is. Die egpaar en hul seuntjie, Dawid, woon tans op ’n plaas net buite Delmas.
Tjar-Lize is ook ’n onderwyseres by Kleuterskool Heidi op Delmas.

Die hoofrede waarom sy haar reis op Sterstatus seisoen ses begin het, was om mede-mammas te help en te inspireer.

“My hoofdoel is om aan al die mammas daar buite te wys, moenie ooit die krag van jou drome onderskat nie. Laat ons die wêreld wys waartoe ons in staat is. Ma-wees hoef jou nie te keer om groot te droom nie. Om van ’n klein dorpie af te kom, hoef jou nie te keer om groot te droom nie.”

Verskeie episodes van Sterstatus seisoen ses is reeds vanaf 6 Oktober elke Sondag om 17:00 uitgesaai op eTV.

Volgens Tjar-Lize was haar gunsteling episode die Podcast Challenge. “Ek was een van die wenners, en my idee vir die Podcast het die naam ‘Mamma Oomblikke’ gehad. Die idee is om gewone mamma se buitegewone stories te deel en ek glo sterk dat hierdie stories ander kan inspireer en hoop gee. Dit was ook lekker om die Acting Challenge te kyk wat ek gewen het en om dit op eTV te sien, was ’n wonderlike ervaring.”

Tjar-Lize sê dat haar deelname aan Sterstatus haar geleer het dat dit nie oor wen gaan nie, maar oor die reis en wat jy alles daaruit kon leer.
Sy was behoorlik uit die veld geslaan toe sy as SterStatus seisoen ses se Liefdadigheid tweede naaswenner aangekondig is.

“Om hiervoor gekies te kon word, is nie net vir my ’n toekenning nie, dit is ’n erkenning van die passie wat ek het vir mense wat in nood is. Ek glo dat my roeping om ander te dien, nie net in woorde nie, maar in aksie, iets is wat ek elke dag in my lewe probeer uitleef. Dit vul my met vreugde en dankbaarheid om te weet ek kan ’n verskil maak en ek is opgewonde om saam met die span mense wat ek kan help, te werk.”

Kort voor Tjar-Lize gekroon is as die SterStatus Liefdadigheid tweede naaswenner, hy sy ook haar graad behaal in Vroeë Kinderontwikkeling. Sy is tans ook besig om berading opleiding te studeer. Dit is vir haar ’n besonder goeie jaar en sien sy uit na wat die toekoms vir haar inhou.

Tjar-Lize Klopper is eers as finals vir SterStatus aangekondig voordat sy gekroon is as hul Liefdadigheid tweede naaswenner. Foto: Verskaf.

Na afloop van hierdie toekenning, vorm Tjar-Lize nou deel van SterStatus se Liefdadigheidspan vir 2025.
“Dit bring vir my opwindende verwagtinge en geleenthede en ek sien uit daarna om saam met hierdie span projekte te beplan en inisiatiewe te begin wat werklik ’n verskil kan maak. Ek is uiters opgewonde oor wat ons saam kan bereik.”

Sy beoog om voort te bou op die werk wat sy reeds begin het gedurende haar SterStatus reis. “Ek gaan my beste doen met Like SterStatus-projek, asook aanhou met my eie nie-winsgewende organisasie, Moment by Moment Motherhood, wat op 30 November sy eerste bestaansjaar sal vier.”

Serdert skool is Tjar-Lize al betrokke by verskeie liefdadigheidsprojekte gewees, maar vorm Moment by Moment Motherhood ’n groot deel in haar lewe. “Ek probeer deur hierdie organisasie om elke dag ander te ondersteun in hulle moederskap en kinderopvoeding.”

Vir Tjar-Lize is liefdadigheid nie net ’n daad nie, maar ’n manier van leef. “Ek glo ons is op aarde om mekaar te dien, om ’n verskil te maak, al is dit net deur klein gebare van vriendelikheid en omgee. Vir my is dit belangrik omdat ek elke dag sien hoe mense in nood is, en ek glo ons het die mag om mekaar op te hef. Liefdadigheid is nie net ’n keuse nie, dit is ’n lewenswyse en ’n roeping wat ek met my hele hart leef. Dit is deel van wie Tjar-lize Klopper is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button