Observer Daller

Ellené kán foto’s neem!

Excerpt: Ellené van der Westhuyzen het ’n oog vir foto’s.

Twee leerlinge van Hoërskool Ben Viljoen deel die toekenning as fotograaf van die jaar.

Dié leerlinge is Ellené van der Westhuyzen en Marli Muller.

Ellené vertel dat haar passie vir fotografie ontstaan het as gevolg van Jean-Marie Heyns, Hoërskool Ben Viljoen se bemarker en fotograaf.

“Ek het verlede jaar eers ernstig begin foto’s neem, nadat Jean-Marie my geïnspireer het met haar pragtige foto’s. Sy is ook my mentor en gee my altyd briljante raak. Sy is uitstekend is fotografie en kan eintlik vir enigiemand ’n inspirasie wees.”

Sy geniet dit om sport en natuur af te neem. “Die lekkerste deel van fotografie is dat dit tyd vir ’n oomblik laat stilstaan. Jy kan emosie en oomblikke vasvang en dit altyd hou as herinneringe.”

Ellené beoog om volgende jaar weer vir die skool foto’s te neem en elke oomblik met haar kamera vas te vang.

“Hoërskool Ben Viljoen is ’n aanwins vir iemand wat fotografie wil opneem as stokperdjie, om ondervinding op te bou of as ’n trappie as professionele fotograaf, want daar is altyd ’n groot verskeidenheid byeenkomste waar jy die geleentheid kan kry om foto’s te neem en jou vaardighede kan oefen.”

Vir Ellené is die toekenning ’n groot eer. “Dit wys dat my werk raakgesien en waardeer word.”

Ellené is nog onseker wat sy wil studeer, maar sê dat haar grootste droom is “om die ewigheid eendag te behaal.”
Haar leuse is: “Romeine 12:12: Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; Volhard in die gebed”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button