Twee ongelukke op Stoffbergpad
Daar is twee ongelukke voor 14:00 vandag op die Stoffbergpad gerapporteer.
Daar was vandag twee ongelukke op die R33 tussen Groblersdal en Stoffberg.
Die Traffic Alert WhatsApp-groep het laat weet dat die eerste ongeluk omstreeks 08:50 sowat 50km buite Groblersdal op die R33 plaasgevind het.
By dié ongeluk blyk dit dat ’n stootskraper betrokke was. Dit is onduidelik of iemand beseer is.
Volgens Derrick Maidment, 24 Seven Logistics het hy omstreek 13:24 die oproep ontvang oor die tweede ongeluk.

Noodpersoneel is na die toneel ontbied.
Die ongeluk het ongeveer 25km buite Groblersdal op die R33 plaasgevind.
Met sy aankoms op die toneel, was die beseerde persoon/persone reeds in die staatsambulans gelaai.
Dit is op hierdie stadium onbekend wat die ongeluk veroorsaak het of hoeveel persone in die ongeluk beseer is.
