Observer Daller

Top toekennings by CVO Gromar Landbou Akademie

CVO Gromar Landbou Akademie het hul leerlinge wat op sportvlak uitgeblink het, beloon.

CVO Gromar Landbou Akademie beloon elke jaar ’n ’n paar leerlinge wat erkenning ontvang vir buitengewone prestasies in die klas, op die sportveld, op kultuurgebied asook in die algemeen.
Hierdie leerlinge se deursettingsvermoë, toewyding en getrouheid staan uit en bemoedig ander om ook aan te hou hard werk.

Die leerlinge wat die hoogste toekenning op sportvlak behaal het is Annerikea Paissopoulos, Heinrich Pieterse en Stian Pretorius.

Mnr. Rudi Oelofse (skoolhoof) en Annerikea Paissopoulos. Foto: Verskaf.

Annerikea ontvang ’n wisseltrofee vir haar deelname aan Bokkieweek netbal, sowel as Bokkieweek snelbal. Heinrich en Stian deel die wisseltrofee vir hul deelname aan Bokkieweek 15-Man rugby, sowel as Bokkieweek Sewesrugby.

Mnr. Rudi Oelofse en Altus Erasmus. Foto: Verskaf.

Altus Erasmus verwerf die topprestasie vir 100% skoolbesoek vanaf graad 1 tot 7.

Mnr. Rudi Oelofse en Miané Cook. Foto: Verskaf.

Leerlinge wat uitstaan vir sport binne skoolverband ontvang die toekenning vir sportvrou of sportman van die jaar in hul verskeie ouderdomsgroepe: Miané Cook en Hansie Bezuidenhout (o/6 tot o/9), Rumé Bezuidenhout (o/10 tot o/13) en Maria Pretorius en Daniël Roberts (o/13 tot o/19).

Mnr. Rudi Oelofse en Hansie Bezuidenhout. Foto: Verskaf.

Die laer- en hoërskool Klasleerling van die jaar is vir uitsonderlike prestasie op die gebied van kultuur, leierskap, akademie en sport. Hierdie toekenning het gegaan aan Altus Erasmus in die laerskool-afdeling.
Die hoërskool Klasleerlinge is Clara Barnard en Erik Rautenbach.

Mnr. Rudi Oelofse en Erik Rautenbach. Foto: Verskaf.
Mnr. Rudi Oelofse en Clara Barnard. Foto: Verskaf.
Mnr. Rudi Oelofse en Daniël Roberts. Foto: Verskaf.
Mnr. Rudi Oelofse en Maria Pretorius. Foto: Verskaf.
Mnr. Rudi Oelofse en Rumé Bezuidenhout. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button