Observer Daller

Pad gesluit weens tref-en-trap

Die N11 naby die Swartkop t-aansluiting, ongeveer 10km buite Marble Hall gaan gesluit wees vir verkeer ná ’n tref-en-trap ongeluk.

Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, sê die pad by die Swartkop t-aansluiting op die N11, naby Loskop ICT en Piet Engelbrecht Trust sal tussen twee en drie ure gesluit wees, weens ’n tref-en-trap ongeluk.

Tans is een baan gesluit vir verkeer, alhoewel die pad moontlik totaal gesluit kan word.

Die ongeluk het omstreeks 13:00 plaasgevind en die betrokke voertuig het van die toneel af weggejaag.

’n Manlike persoon is op die toneel oorlede.

Derrick raai padverbruikers aan om gebruik te maak van die R25 (Vaalfonteinpad) tot die toneel opgeruim is.

Die pad kan moontlik totaal vir verkeer gesluit word. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button