Wees versigtig: Verf op spoedwal verbleik!
Die verf op die spoedwal op die N11 (Schoemanpad) by die tweede ingang na Masakaneng het reeds begin verbleik.
Alhoewel daar waarskuwingsborde by die spoedwal, wat verlede week op die N11 (Schoemanpad) aangebring is, is die verf op die spoedwal reeds baie moeilik sigbaar.
Derrick Maidment, 24 Seven Towing, waarsku motoriste om versigtig te wees, veral in die aand, aangesien die verf op die spoedwal begin verbleik.
“Ek is nie seker of daar goedkoop verf gebruik is en of die verf net afgery is nie, maar die verf op die spoedwal op die N11 is baie moeilik sigbaar. Daar is ook nie in die aand ligte op om die spoedwal makliker te kan sien nie.”
Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees vir dié spoedwal, veral omdat dit nou naweek is en die spoedwal nie geherverf sal kan word voor volgende week nie.
• Kort nadat die spoedwal opgerig is, het ’n vragmotor by die spoedwal omgeslaan. Die trokdrywer is ernstige beseer en per ambulans Groblersdal Hospitaal toe vervoer.
•Lees ook:
Waarskuwing: Pad gesluit na ongeluk!
