Observer Daller

Wesstraat opgeknap

Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit het ’n kontrakteur aangestel wat tans in die proses is om ’n nuwe teerlaag in Wesstraat in Groblersdal te gooi.

Die kontrakteur is reeds van verlede Donderdag af in Wesstraat opgemerk met masjinerie, gereed om met die opknappingswerk te begin.

Volgens mnr. Willie Oosthuizen, wykraadslid, is dieselfde kontrakteurs gebruik wat die spoedwalle op strategiese areas van Groblersdal aangebring het verlede jaar.

Na die nuwe teerlaag voltooi is in Wesstraat, sal drie beplande spoedwalle aangebring word in Krugerstraat, voor Herfsakker in Barlowstraat en in Blesbokstraat.

Die gemeenskap word gevra om geduldig te wees terwyl hierdie werk voltooi word en word padverbruikers gewaarsku dat dele van dié strate moontlik gesluit kan word vir verkeer.

• Twee spoedwalle is reeds gister (Woensdag) laatmiddag in Barlowstraat aangebring. Die spoedwalle is egter nog nie geverf nie en word inwoners gemaan om versigtig te wees.

Een van die spoedwalle wat in Barlowstraat aangebring is.

Lees ook hier: Spoedwal nou opgesit voor Herfsakker!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button