Padwerke voor Groblersdal Hospitaal
Motoriste word gewaarsku dat daar tans padwerke is op die N11 tussen Groblersdal Hospitaal en Hoërskool Ben Viljoen.
Die N11 (Voortrekkerstraat) vanaf Groblersdal Hospitaal tot Hoërskool Ben Viljoen se ingang is tans gesluit vir verkeer, terwyl daar aan die pad gewerk word.
Daar is egter in een van die aankomende dubbelbane vanaf Hoërskool Ben Viljoen na Groblersdal Hospitaal geopen vir die verkeer wat vanaf die hospitaal se rigting kom. Padwerke personeel wys motoriste waar om te ry.
Motoriste word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die padwerke en geduldig te wees.
Die verkeerslig direk voor die ingang van Hoërskool Ben Viljoen is ook buitewerking, so verkeersvloei gaan beslis beïnvloed word.
• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
